koester die student se liefde vir musiek!

Ovievibz Gebeurtenisse
Kontak Ons

Konserte

Ons gee elke kwartaal vir studente die geleentheid om aan ‘n konsert te kan deelneem.

Voordragkonserte

In die tweede en vierde kwartaal bied ons voordragkonserte aan. Dit vind plaas op weeksaande met slegs 10 studente per sessie. ‘n Voordragkonsert is ‘n informele geleentheid wat die vorm van ‘n huiskonsert aanneem, waar elke student hulle liedjie vir familie en vriende (en natuulik die ander studente) kan sing/speel.

Daar is geen kostes verbonde aan die voordragkonserte nie. Gesinne word slegs versoek om verversings te bring.

“Band Show”

Die “Band Show” is vir baie studente die hoogtepunt van hulle jaar. Ons kry sessie musikante in om die “band” te vorm, dan vervang die deelnemende student die relevante orkeslid vir hulle liedjie. Die hoof doel van hierdie konsert is sodat studente die geleentheid kan kry om musiek te maak saam met ander musikante. Meeste van die studente wil saam met ‘n “rock band” optree, maar vir die wat ‘n meer klassieke liedjie wil doen, vorm ons ‘n klein kamerorkes met ten minste twee ander instrumente (bv. dwarsfluit, klavier, viool, tjello, altviool, saksofoon, ens.)

Die orkeslede moet natuurlik betaal word vir die werk wat hulle doen, daarom is daar kostes aan verbonde om saam met die “band” te kan speel. Pryslys beskikbaar op aanvraag.

“Concert for a Cause” (met “recording” opsie) – Maart

Met hierdie geleentheid gaan elke student wat belangstel, een maal in die tydperk van Januarie en Februarie, na ‘n proffessionele ateljee toe en neem ‘n liedjie op. Ons maak ook ‘n video van die ervaring wat ons na die tyd op YouTube en Facebook kan sit indien die ouers en student dit so verkies. By die konsert self in Maart sing/speel elke student hulle liedjie op die verhoog. (Let wel: Dit is nie die opname wat gespeel word nie, dis die student wat self optree.). Daar is kostes aan verbonde vir die ateljee opname. Pryslys beskikbaar op aanvraag. Gedeelte van die opbrengs vir die konsert gaan aan liefdadigheid.

Kompetisies

Die studente kan deelneem aan verskeie kompetisies, insluitend, maar nie beperk tot, Kids With Talent SA, Talent Africa, Kraal Kunstefees, PTA Eisteddfod, Garsfontein Kunstefees, Afrikaanse Kunswedstryd en Noorderkruin Kunstefees. As ons bewus is van ‘n kompetisie en gelukkig is met die standaard daarvan, skryf ons graag ons studente in. Elke kompetisie het sy eie kostes, wat bekend gemaak word aan studente soos wat hulle belangstelling aandui.

Eksamens & Vorderingsverslae

Eksterne & Interne Eksamens
Die studente kan inskryf vir eksterne eksamens soos Rockschool, Trinity, Royal Schools (ABRSM) en Unisa. Die verskillende eksamineringsliggame het hul eie vasgestelde kostes per eksamen, wat styg in verhouding tot moeilikheidsgraad (Voorgraad 1 is die goedkoopste en Graad 8 die duurste). Ons bied ook interne eksamens aan deur die verloop van die jaar. Soos wat die student op die regte vlak van vordering is vir ‘n spesifieke graad, reël ons ‘n interne eksaminator (nie die student se eie onderwyser nie). Ons poog om, waar moontlik, die standaard so naby aan die ekwivalente eksterne eksamensvereistes te hou. Die kostes per interne eksamen is slegs R220, ongeag van graad.

Vorderingsverslae
Vir die studente wat nie kans sien vir ‘n formele interne of eksterne eksamens nie is daar ‘n twee-jaarlikse evaluering waartydens elke student wat nie aan ‘n eksamen deelgeneem het nie ‘n vorderingsverslag van hulle onderwyser ontvang. Hieraan is daar geen ekstra kostes verbonde nie aangesien dit in die normale lestyd plaasvind.

Werkswinkels & Kampe

Ons bied elke jaar tydens die laaste week in die Julie skool vakansie ‘n werksinkel of kamp aan. By hierdie geleenthede maak ons musiek saam, leer nuwe liedjies, leer om self liedjies te skryf en/of te verwerk, kry gassprekers van die industrie om met die studente te gesels, ens. Elke jaar verskil die onderwerpe/tema’s wat bekend gemaak word aan die begin van die tweede kwartaal.

Bel Ons

083 788 4241

Besoek Ons

Hoërskool Overkruin, Braam Pretorius, Wonderboom, 0182

Kontak Ons